Wat maak songebakte beskuit uniek?
Ons kan slegs bak as die son skyn
Ons gebruik geen sonpanele of batterye in die bakproses nie, net direkte termiese hitte van die son
Ons bak beskuit teen laer temperature, wat ‘n effe brosser of sagter beskuitjie lewer
Ons bak in panne met deksels. Beskuit verloor geen vog gedurende die bakproses nie en dus ‘n geuriger eindproduk lewer
Daar is geen verskil tussen beskuit wat ons in die winter of die somer bak nie
Omdat ons geen krag gebruik nie, kan ons die goedkoopste beskuit in Suid Afrika bak
As dit bewolk is, dan bak ons nie, dan maak ons reg, boer of gaan dorp toe