Wat maak songebakte produkte uniek?
Ons kan slegs bak as die son skyn
Ons bak beskuit teen laer temperature, wat ‘n effe brosser of sagter beskuitjie lewer
Ons bak in panne met deksels. Beskuit verloor geen vog gedurende die bakproses nie en dus ‘n geuriger eindproduk lewer
Daar is geen verskil tussen beskuit wat ons in die winter of die somer bak nie
Omdat ons min krag gebruik, kan ons die goedkoopste beskuit in Suid Afrika bak
As dit bewolk is, dan bak ons nie, dan maak ons reg, boer of gaan dorp toe