Eintlik is die plaas te klein om ekonomies te boer,
maar hier is genoeg son om vir die hele land beskuit en koekies te kan bak
Die swaarkry en oorblyfsels van pa, oupa en oupa grootjie wat hier ‘n bestaan gemaak het, laat mens nogal wonder.
Almal moes iets ekstra doen om te kon oorleef.
Die droogtes en goeie jare het gekom en gegaan, maar die son was nog altyd daar en veral in die karoo, intens en aanhoudend.
Na byna 40 jaar van passievolle sonkook, het ons uiteindelik genoeg kennis, die regte toerusting en ‘n passie om die Karoo se son en sy plante in elke pakkie beskuit regoor Suid Afrika en hopelik die hele wêreld te versprei.