Karoo Beskuit en Koekies - Dis Groen Local en Lekker
Die Mini Solar Beskuit en Biltong Droogoond™
Nou beskikbaar as ‘n Hibriede solar/elektriesie droogoond
* Droog gratis van die son alleen (Goedkoopste) * droog solar/elektries (Vinnigste) * of droog elektries alleen teen ‘n tiende van us stoof koste (gerieflikste)
Dubbel aksie, direkte en indirekte solar hitte opname
Hoë volume lug verplasing
U hoef nooit weer beskuit in ‘n oop oond teen 90ºC met Eskom of gas te droog nie
Spaar ‘n fortuin op beskuit droogkoste
Neem jou beskuit buitentoe en laat die son dit gratis droog
Droog biltong, vrugte, groente, kruie, neute en sommer baie meer. Manipuleer die hitte met meer of minder son
Die mini solar droogoond bevat al die komponente om die tradisionele manier van beskuit droog te verander
Niemand kan met ons beskuit pryse kompeteer nie, want ons het feitlik geen kragrekening nie
Die mini solar droogkoond sal u beskuit, biltong, vrugte, groente, neute ens. droog teen minimale koste
Die droogoond gebruik nie sonpanele of batterye nie en droog uitsluitlik d.m.v ‘n dubbel aksie solar termiese hitte opname
Hoë volume lugsirkulasie van ‘n 220v elekrtiese waaier
Insekwerende gaas voor alle openinge
Droogoond grootte: 500 x 500 x 600mm
Die staal konstruksie is sterk, duursaam en solied
Aluminium panele maak die droogoond lig en hanteerbaar
Wieletjies vergemaklik die orientasie na die son
Die drie deurskynende panele is van onbreekbare poly carbonate plate en is verwyderbaar vir maklike skoonmaak
Die droogoond verhoog die omgewings temperatuur met 15 tot 20ºC. As die omgewings temperatuur dus 30ºC is, sal die temperatuur binne die droogoond styg na 45 tot 50ºC
Interessante feite omtrent die droog van beskuit: Die volume lug wat verplaas word het ‘n groter drogings vermôe as die temperatuur van die lug wat sirkuleer
Ons droog ook gedurende die nag sonder om die temperatuur te verhoog, solank die omgewings voggehalte net laer is as die vog inhoud van die voedsel wat gedroog moet word.
Die mini solar droogoond is beskikbaar in twee modelle:
Slegs solar verwarming, met ‘n 220v elektriese waaier Prys: R2000.00 PLUS 4 droograkkies en ‘n biltong hangrak
Solar/Elektries, met ‘n 200w elektriese element en elektriese waaier Prys: R2500.00 plus 4 droograkkies en ‘n biltong hangrak